Oos-Kaapse polisie slaan toe op R500 000 se perlemoen

Die polisie in Gqeberha het ‘n dossier geopen om verder ondersoek in te stel nadat hulle die naweek beslag gelê het op perlemoen ter waarde van 500 000 Suid-Afrikaanse rand. Die polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, sê hulle het ‘n wenk oor vermeende perlemoenstropers in Deare-straat, Redhouse, opgevolg toe hulle ‘n verdagte Nissan Navara opmerk. Naidu sê lede van die honde-eenheid het die voertuig agternagesit, maar die verdagtes het uitgespring en in die bosse verdwyn. Altesaam 2 536 perlemoene is in die voertuig gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie.