Oos-Kaapse dokter in hof oor bedrog teen Padongelukkefonds

‘n Mediese dokter van die Oos-Kaap het in die handelsmisdaadhof in Mthatha verskyn weens bedrog teen die Padongelukkefonds. Dokter Zonke Mrenqwa-Mazwi het na bewering vals statutêre mediese verslae ingedien namens eisers wat betrokke was by minstens nege motorongelukke. Volgens ‘n woordvoerder, Luxolo Tyali, beloop die eise ongeveer 18 miljoen rand.