Oos-Kaap taverne sterftes was dalk koolstofmonoksied

Koolstofmonoksiedvergiftiging word voorgehou as ‘n moontlike oorsaak van die dood van 21 tieners Sondag by die Enyobeni-taverne in Scenery Park, Oos-Londen. Bronne na aan die ondersoek meen die kinders – tussen die ouderdomme van 13 en 17 – kon gesterf het as gevolg van giftige dampe wat moontlik afkomstig was van ‘n petrol-opwekker wat vermoedelik binne die taverne gebruik is. Voorlopige ondersoeke dui op die vrystelling van koolstofmonoksied in die taverne. Die finale uitslae van die nadoodse ondersoek word later vandeesweek verwag. Daar was geen krag beskikbaar by die taverne nie.