Oos-Kaap se Thyspunt is perfek vir kernkragaanleg

Die Suid-Afrikaanse organisasie wat hom vir kernkrag beywer, New Nuclear Build Platform, sê die minister van energie, Gwede Mantashe, moet gelukgewens word met sy manmoedige stappe oor kernkrag-opwekking. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het planne vir die verkryging van 2 500-megawatt se kernkrag goedgekeur. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Des Muller, sê Thyspunt tussen Kaap St Francis en Oesterbaai is al in 1985 as ‘n perseel vir die uitbreiding van die kernkragprogram aangewys: