Oos-Kaap ondersoek brandstigting

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek sake van brandstigting nadat 49 hutte aan die brand gesteek is en talle mense ontwortel is in Bhuje Village in Port St. Johns. Daar word beweer dat ‘n groep onbekende verdagtes amok gemaak het en verskeie huise afgebrand het terwyl daar mense binne was. Een persoon, ‘n man van 49-jaar oud, is doodgeskiet in ‘n nabygeleë dorpie, Tyeni. ‘n Polisiewoordvoerder, Tembinkosi Kinana, sê dit is nie in hierdie stadium duidelik of hierdie spesifieke voorval verband hou met die brandstigtings-aanvalle nie.