Oos-Europa: China sê hy sal bemiddel
China se minister van buitelandse sake, Wang Yi, beklemtoon die vriendskap tussen Beijing en Moskou is steeds baie sterk ondanks internasionale veroordeling van Rusland se voortgesette inval van Oekraïne. Hy sê China is bereid om te help bemiddel vir vrede. China weier om sy noue bondgenoot se optrede te veroordeel nadat hy net verlede maand ‘n onbeperkte strategiese vennootskap tussen die twee lande voorgestaan het. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Josep Borrell, het verlede week gesê China behoort vredesonderhandelings tussen Rusland en Oekraïne te bemiddel aangesien Westerse magte nie die rol kan vervul nie.