Iran-ooreenkoms weer in weegskaal

Gesprekke om Iran se 2015-kernkragooreenkoms met wêreldmoondhede te laat herleef, is laat Sondag in onsekerheid gedompel ná Rusland se eise vir ‘n Amerikaanse waarborg dat die sanksies wat hy in die gesig staar oor die Oekraïne-konflik nie sy handel met Teheran sal benadeel nie. Die nuus volg kort op die hakke van ‘n aankondiging dat ‘n herlewing van die ooreenkoms binnekort aangekondig sal word. Indien dit wel gebeur, sal Opul Iran se olie in die wêreldpoel weer byvoeg wat verligting vir verbruikers sal bring. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê die sanksies het niks te doen met ‘n potensiële kernkragooreenkoms met Iran nie. Tog het ‘n senior Iranse amptenaar vroeër gesê dat Teheran wag vir duidelikheid oor Rusland se navrae.