Oorverhalings lei tot daling in brandstofprys

Oorverhalings van tot 2 Namibiese dollar per liter brandstof het volgens Abednego Ekandjo, petroleum ekonoom by die ministerie van myne en energie, gelei tot die daling in die brandstofprys wat vroeër vanoggend aangekondig is. Die petrol- en dieselprys vir Desember daal met 1 dollar 30 per liter. Dit geld vir beide grade van diesel. Die prys tree vannag om middernag in werking. Ekandjo verduidelik.