Oortrokke fasiliteite groei met amper 9%

Die Bank van Namibië het die banksyfers en statistiek vir Julie vanjaar bekend gemaak. In verband met kredietverlening, het al die kategorieë toegeneem behalwe afbetalingskrediet wat met –1,5 persent gegroei het. Oortrokke fasiliteite het die meeste gegroei en op ‘n jaargrondslag het dit met 8,7 persent toegeneem terwyl huishoudelike skuld met 3,7 persent gegroei het. Besighede is traag om geld te leen en die skuld het, vergeleke met 2020, met 1,8 persent gegroei. Eiendom groei ook steeds stadig en lenings vertoon 2,8 persent hoër as verlede jaar Julie.