Oorsig oor toepassing van hofreël 108, veral met stygende rentekoerse

Plaaslike berigte lui dat die uitvoerende direkteur in die ministerie van justisie Gladys Pickering, bevestig het dat daar geregtelike oorsig oor veral die hofreël 108 wat die beslaglegging van eiendom vir wanbetaling toelaat, gedoen word. Dit is normaalweg die laaste stap in die mosiehof waar die regter opdrag gee dat die balju die huis op veiling plaas om skuld te delg. Pickering sê die prokureur-generaal se kantoor doen die oorsig en sou dit goedgekeur word, sal die parlement die saak oorneem. Die oorsig sal binnekort uiters belangrik raak omdat daar verwag word dat rentekoerse skerp sal styg veral omdat Namibië 1,25 persent agter die Suid-Afrikaanse repokoers is. Plaaslik is die koers, tot 14 Junie, op 7 persent en in die buurland staan dit tans op 8,25 persent. Uit die buurland word berig dat sekere Suid-Afrikaanse banke nou die herstrukturering van skuld toelaat, omdat verhogings verbruikers se sakke erg raak. FNB sê kliënte wat finansiële spanning ervaar, proaktief moet uitreik vir hulp met die herstrukturering van hul skuld. FNB in die buurland se Mfundo Mabaso, sê dis belangrik om die bank vroeg te nader…