Dis nie so maklik om ryk te word nie, ook nie oorsee nie…

Knight Frank se Wealth Sizing-model het onthul hoeveel geld individue nodig het om onder die top-1 persent van die rykstes in 25 lande, insluitend Suid-Afrika, te wees. Die rykdom wat nodig is om by die rykstes aan te sluit, verskil aansienlik van land tot land. Die skerp variasie in hierdie lande, beklemtoon hoe die pandemie en stygende lewenskoste die gaping tussen ryk en arm nasies vergroot het. Suid-Afrika is onder die armer nasies en daar is 2,08 miljoen Namibiese dollar nodig om die lys te haal en by die rykste landgenote aan te sluit. Om in Monaco se top-1 persent aanvaar te word, moet ‘n persoon vir 843 jaar werk. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels. Hy sê die verslag beklemtoon die ongelykheid in die wêreld en hoe dit sal aanhou toeneem.