Oornag se olieprysstyging sê mark weet iets wat ons nie weet nie

Nuus dat die Internasionale Energieagentskap se lidlande ingestem om 60 miljoen vate olie uit hulle noodvoorraad vry te stel om die mark te bestendig, lok wyd reaksie uit, natuurlik in die hoop dat die olieprys, wat oornag geklim het tot na-aan 110 Amerikaanse dollar, moontlik kan daal. Die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper sê die skerp styging alleen laat reeds vrae ontstaan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.