Oornag-basis vir renosterbewaarders gebou

Elephants Rhinos People Namibia in vennootskap met Ultimate Safaris Namibia deur hul Conservation Travel Foundation, het die befondsing verskaf vir die bou van ‘n oornag-basisstasie vir renosterbewaarders by die Probeer-watergat in die Kunene-streek. Dit bied nou aan die renosterbewaarders ‘n basis om te slaap, te was en maaltye voor te berei tydens hul patrollies in die gebied. Die organisasies befonds ook water aan die Huab-renosterbewaarder-geriewe, asook die opgradering van belangrike olifant-waterpunte in die Huab en Aba Huab-rivierstelsels. Dit sal die opgradering van sonkrag en  pomptoerusting, sowel as die herstel van waterkrippe insluit, om te verseker dat olifantkalwers maklike toegang tot water op ‘n deurlopende basis het.