Oorblywende maasbanker-kwota nou op veiling

Die Namibiese ministerie van visserye het te kenne gegee dat hy die oorblywende kwota, 30 540 metrieke ton maasbanker, aan die hoogste bieër sal verkoop. Luidens ‘n plasing in plaaslike media, moet alle aanbiedinge teen 31 Maart om tien-uur die oggend by die ministerie van finansies en openbare ondernemings ingedien wees. Geen aanbiedinge sal na die sperdatum aanvaar word nie. Die ministerie sê verder dat 1 000 Namibiese dollar as administratiewe fooi betaalbaar is. Bie-dokumente kan by die ministerie se webtuiste bekom word.