SABC-raad moet afgehandel word

Die buurland se minister van kommunikasie, Mondli Gungubele, sê die aanstelling van ‘n nuwe SABC-raad moet so gou as moontlik afgehandel word. Hy het gister die parlementêre kommunikasiekomitee toegespreek. Die jongste vertraging met die raad se aanstelling hou verband met die regsekerheid wat President Cyril Ramaphosa soek, oor die bykomende drie name wat die Nasionale Vergadering goedgekeur het, buiten die 12 aanbevole kandidate. Gungubele sê die raad se aanstelling sal help om die finansiële probleme wat die SABC tans in die gesig staar, te voorkom: