Oorblyfsels van Chinese vuurpyl val in die see naby die Maldives

Die oorblyfsels van China se grootste vuurpyl het aarde toe gestort en in die Indiese Oseaan naby die Maldives geval.Die Chinese staatsmedia sê die grootste gedeelte van die vuurpyl het in die atmosfeer verbrand. Sterrekykers oral in die wêreld was op die uitkyk vir die aankoms van die Long March 5B-ruimtevuurpyl sedert dit verlede week hoogte begin verloor het en te midde van kommer dat dit buite beheer is. Dit is een van die grootste stukke ruimterommel om na benede te stort en dit het die Withuis genoop om ‘n beroep te doen vir verantwoordelike optrede in die ruimte.