Nampol soek 1180 kadetkonstabels

Die Namibiese polisie het 1 180 poste vir kadetkonstabels beskikbaar. Die salarisskaal wissel van 74 000 tot 97 000 Namibiese dollar per jaar. Kandidate moet tussen 18 en 35 jaar wees en moet ‘n Namibiese burger wees. ‘n Ou graad 12-sertifikaat of nuwe kurrikulum graad 11-sertifikaat is ‘n vereiste. ‘n bestuurslisensie is ook nodig. Die mag het onlangs kandidate gewerf, die eerste keer in jare, en so ook die weermag. Daar is kommentaar uit sommige oorde dat dit ‘n verkiesingsfoefie is.