Oom Arnold het ‘n ‘kamer vir Oscar’

Oscar Pistorius sal na verwagting na sy oom Arnold se huis in Pretoria geneem word wanneer hy vandag op parool vrygelaat word. Die voormalige Paralimpiese kampioen het die helfte van sy vonnis uitgedien vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in 2013. Arnold Pistorius het vroeër gesê ʼn “kamer vir Oscar” is gereed in hulle huis terwyl sy broerskind ook ʼn betrekking aangebied is. Korrektiewe Dienste wou geen besonderhede bekend maak oor Pistorius se vrylating nie en het bygevoeg hy sal net soos enige ander paroolganger behandel word tot sy vonnis in 2029 verstryk.