Onwettige uitvloei van fondse deur NamRA, BoN aangespreek

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, en die Bank van Namibië werk saam daaraan om ‘n web-gebaseerde regulatoriese stelsel in te stel om die onwettige uitvloei van fondse uit Namibië te verminder. Terwyl daar nie syfers vir Namibië is nie verloor die vasteland rondom 90 miljard Amerikaanse dollar per jaar op die manier. Die handelsverifikasie-stelsel en elektroniese uitvoermoniterings-instrument is daarop gemik om die onwettige finansiële uitvloei te verminder. Dit sal gebruik word as ‘n moniterings-instrument om die oorgrens-oordrag van geld met die beweging van goedere na die land te vereenselwig. Steven Ndorokaze, kommunikasiebestuurder van NamRA, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.