Onwettige sandmyne moet aangespreek word

Die Affirmative Repositioning-beweging het ‘n brief aan kommissaris Rauha Amwele, polisiehoof van die Oshana-streek gestuur om ‘n dringende vergadering te versoek om die arrestasie van Paavo Amwele, te bespreek vir beweerde onwettige sandmynbedrywighede in die noorde. Volgens die brief wil die beweging hê dat die vergadering vandag gehou moet word. Onwettige sandmyn-aktiwiteite is reeds ‘n geruime tyd ‘n uitdaging, veral in die noorde. Simon Amunime, woordvoerder van die party, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.