Onwettige immigrante, straathandelaars by mark in hoofstad vasgetrek

Namibiese polisiebeamptes het vandag straathandelaars verwyder wat glo die verkeer ontwrig by die Stop ‘n Shop-gebied in Okuryangava in die hoofstad. Die patrollie sluit in lede van die Windhoek Stadspolisie, die Namibiese polisie, korrektiewe en doeanebeamptes. Sommige onwettige immigrante wat nie hul paspoorte en geldige werkspermitte kon toon nie, is in hegtenis geneem. Die bevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson sê die polisie jaag of verwyder nie handelaars nie, maar handhaaf net wet en orde op grondvlak. Die hoof van Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime is aan die woord.