McDonald’s-werker wat in McFlurry spoeg, kry 10 jaar tronkstraf

‘n Voormalige werknemer van McDonald’s in Montana in Tshwane is tot tien jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n video van homself opgeneem het terwyl hy sy uniform dra en in ‘n McFlurry spoeg. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê Clement Othusitse Seothaeng het daarna ‘n ander foon gebruik om die video aan die bestuurder te stuur en hom as ‘n besorgde kliënt voorgedoen. Hy het 150 000 rand geëis om nie die video op sosiale media te versprei nie.