Onwettige brandstof steeds ‘n probleem

Die smokkel van onwettige brandstof vanuit Angola is steeds ‘n uitdaging. ‘n 46-jarige man sal vandag in die Oshakati-landdroshof verskyn nadat hy gevang is met 47 houers onwettige brandstof. Na bewering verkoop hy 25-liter houers vir 250 Namibiese dollar aan veral taxi-bestuurders. Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo het verlede maand ‘n ope vergadering op Oshikango gehou in ‘n poging om die voortdurende probleem op te los. Die brandstof voldoen nie aan plaaslike standaarde nie en berging van voorraad is onveilig.