Ontwortelde Suid-Soedannese ontvang Covid-entstof

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê inwoners van ‘n nedersetting in Suid-Soedan is onder die jongste ontvangers van Covid-19-entstof. Pogings duur voort om WGO-werkers na meer plekke in die land te neem. Die Mangalia-gebied huisves mense wat ontwortel is en talle van hulle is deur die oorstromings in Junie 2020 geraak. Die organisasie se verteenwoordiger in Suid-Soedan, Fabian Ndenzako, sê hulle is baie bly dat hulle inentings na inwoners kan bring waarvan baie ‘n sukkelbestaan voer.