Ontwikkelingsprogram vir kommunale grond ontvang voertuie

Die landbouministerie het vanoggend, saam met die Namibië-Duitse Samewerking en die Europese Unie voertuie aan die Program vir Kommunale Grondontwikkeling oorhandig. Die huidige projek is die derde fase van finansiële samewerking om die Namibiese regering te ondersteun om ‘n ambisieuse grondhervormingsprogram te implementeer wat daarop gemik is om armoede, onbillike grondverspreiding en sosiale uitdagings aan te spreek. Die minister, Calle Schlettwein sê landbou bly een van Namibië se belangrikste sektore.