Ontsouting: NamWater sê oor die pad vorentoe

Die hoof uitvoerende beampte van NamWater Abraham Nehemia het meer inligting bekend gemaak oor die stappe wat hulle sal neem in verband met die kabinet se opdrag. Kabinet het beslis dat fase een van die ontsoutingsaanleg van stapel gestuur word. Die opdrag volg na die lewensvatbaarheids ondersoek wat deur SLR omgewingskonsultante vir NamWater voltooi is. Die plan sal watertoevoer vir die kus en sentrale gebied versterk. Die projek sal volgens kenners miljarde Namibiese dollar kos en NamWater moet ontwikkelingsvennote en plaaslike en internasionale banke nader om befondsing te kry. Nehemia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…