Kragskuld: Okahandja kom ooreenkoms na

NamPower het vroeër die jaar verskeie dorpsrade kennis gegee van die opskorting van dienste weens wanbetaling. Een van die munisipaliteite was Okahandja wat ter elfder uur ‘n afbetalings ooreenkoms beklink het. Volgens Cenored se skakelbeampte Charlie Matengu word die ooreenkoms nagekom en daar is geen risiko van enige onderbrekings nie.