Ontruim SA families uit Gaza, Cyril

Die organisasie Boycott, Divestment and Sanctions Coalition South Africa moedig president Cyril Ramaphosa aan om sy belofte gestand te doen, om sewe Suid-Afrikaanse families te ontruim wat vasgekeer is in die Gazastrook. BDS SA beweer meer as ses weke het verloop vandat Ramaphosa die belofte gemaak het. Die koalisie sê buitelandse burgers is deur hulle regerings ontruim, met die uitsondering van Suid-Afrikaners. Hulle eis dringende regeringsingryping om, sonder verdere vertraging, die ontruiming van Suid-Afrikaners uit Gaza na Egipte te verseker.