Ontleder stem saam met Nicanor oor ryk Swapo-lede

Die Swapo Party se woordvoerder, Hilma Nicanor, het die party se sake-ondernemings verdedig en gesê dit is waarvoor hulle in die bevrydingstryd geveg het. Sy het verder gesê die party sal voortgaan om hul demokratiese reg uit te oefen deur in nie-korrupte en wettige ekonomiese aktiwiteite deel te neem. Dr. Ndumba Kamwanyah, ‘n plaaslike politieke analis, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy stem saam met Nicanor.