Ontevrede Erindi-werkers kamp op buurplaas

Die verkoopstransaksie van Erindi aan die Mexikaanse miljardêr, Alberto Bailleres, wat verlede week op 90-jarige ouderdom oorlede is, het baie pyn aan voormalige werkers gebring. Volgens hulle is hulle nooit betaal nie en onregverdig geskors of afgedank. Sowat 16 oudwerkers van Erindi kamp tans op ‘n buurplaas en eis hul betaling en of heraanstelling. Manuel Ngaringombe, die algemene sekretaris van die amptelike opposisise, die PDM, is tans by die groep en vertel aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie is baie sleg.

Een van die voormalige werknemers van Erindi, Veronica Naweses, het gesê hulle is gedwing om waarskuwings te teken, anders moet hulle die gevolge daarvan dra.

Kosmos 94.1 Nuus kon nie die bestuur van Erindi vir kommentaar bereik nie. Servaas van den Bosch, woordvoerder van die Mexikaanse familie, wou ook geen kommentaar lewer nie.