Onteieningwetgewing word in SA nou beplan

Die Parlementêre ad hoc-komitee wat wetgewing moet instel om Artikel 25 van die Grondwet te wysig, sal vandag vergader. Die komitee sal ‘n voorlopige verslag oor die Agtiende Konsep Grondwet-wysigingswetsontwerp oorweeg, wat die onteiening van grond sonder vergoeding in die Grondwet sal insluit. President Cyril Ramaphosa het beklemtoon die regering probeer om grondbesit te herstel aan diegene wat voorheen onteien is.