Onteiening word stuk vir stuk bespreek in buurland

Die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur in Suid-Afrika het ‘n proses begin om die Onteieningswetsontwerp klousule vir klousule te oorweeg en te bespreek. Die wetsontwerp het ten doel om duidelikheid te verskaf oor grondonteiening en hoe dit gedoen gaan word sonder om die reg op gelykheid te skend en in ooreenstemming te bly met Artikel 25 van die Grondwet. Annelize Crosby van die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer sê insette is in verslae saamgevat saam met die menings van die staat se regsraadgewers: