Onteiening en Agoa… Amerikaners is doodstil
Die Instituut vir Rasseverhoudinge in Suid-Afrika sê hy neem kennis van die Amerikaanse afvaardiging wat die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika se forum verlede week bygewoon het, se stilte oor die gevaar dat Suid-Afrika Agoa verlaat as gevolg van die Onteieningswetsontwerp se voorwaardes vir onteiening sonder vergoeding. Die organisasie sê die wetsontwerp skend privaat eiendomsreg in die universele betekenis van die woord en ook volgens Amerikaanse reg. Die instituut sê die regering moet ag slaan op die Amerikaanse kongreslid, John James, se waarskuwing dat geen land demokraties gebly het nadat sy bevolking se privaat eiendomsreg weggeneem is nie.