Ons vier die ietermagô op 19 Februarie

Die wêreld herdenk Ietermagô-dag op 19 Februarie. Hierdie is die soogdiertjie waarmee daar die meeste ter wêreld gesmokkel word. Plaaslik is daar weer twee mans by Oshikango vasgetrek in besit van ‘n ietermagôvel. Die twee sal vandag in die hof verskyn. Die ietermagô word as uiters waardevol geag in China vir die gebruik van sy skubbe in tradisionele medisyne. Kelsey Prediger van die stigting vir die bewaring en navorsing van die ietermagô, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die herdenking van die internasionale dag.