Ons sal nie volgende week so koud kry nie

Weermodelle in die buurland dui aan dat minimum temperature tot -10 °C in dele van Suid-Afrika kan daal met ligte sneeu en baie koue toestande oor die naweek reeds in die Wes-Kaap. Maar volgens Richard Nashikaku van die weerkantoor in Windhoek, sal dit ook koud wees maar nie so koud soos in Suid-Afrika nie. Hy sê die maksimum temperature sal wel geraak word.