Ondersoek word ingestel oor opgeblaasde tenders by landbou 

Die Namibiese regering het ‘n interne ondersoek van stapel gestuur oor die 2019-2020 droogtehulp-boorprojek wat in regoor die land uitgerol is. Daar word beweer dat kontrakteurs pryse uitermatig hoog gemaak het. Die ondersoek, wat deur die ministeries van landbou en finansies, sowel as die kantoor van die eerste minister uitgevoer is, is volgens die landbouminister, Calle Schlettwein, nog nie voltooi nie. Hy sê al die streke is nog nie gedek nie. Hy het ‘n voorlopige verslag aangevra wat later vanjaar verwag word. Die projek het water aan kwesbare huishoudings voorsien deur middel van boorgate te boor of te rehabiliteer. Dit is redelik algemeen dat die koste van dienste en produkte deur verskaffers opgeblaas word wanneer die ‘n regeringstender is.