Ons moet voertuie koop – Katjavivi

Die speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi sê hulle het meer voertuie nodig. Hy het vanmiddag sy begrotingsmotivering in die parlement gelewer en sê hulle maak staat op ou voertuie van die ministerie van werke en vervoer en dat die regeringswerkswinkels baie lank vat om die voertuie, wat gereeld breek, te diens.