Ons moet dinge vir onsself doen

Nóg ‘n swak reënseisoen word vir die Kunene-streek voorspel met inwoners wat reeds op die regering staatmaak vir basiese behoeftes. Jeuggroepe in die Suide vra ook nou hulp van die regering om te help met groentetuine. Raak dit ‘n tendens dat op die regering gesteun word om te voorsien, en hoe kan gemeenskappe hulself bemagtig? Ian Collard, die uitvoerende hoof van Namib Mills, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.