Ons gaan hard betaal vir Oos-Europese chaos – ekonoom

Alhoewel die verbod op Russiese olie die regte ding is om te doen om Oekraïne te ondersteun, gaan dit ‘n vernietigende uitwerking hê op lande, insluitend Suid-Afrika, met skerp stygings in inflasie. Dit is volgens professor Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat. Volgens vroeë aanduidings kan daar in April nog ‘n beduidende brandstofstyging wees. Maré sê Rusland is die wêreld se tweede grootste vervaardiger van ru-olie en as die Weste die invoer daarvan verbied, gaan ‘n internasionale tekort ontstaan: