Ons eie Jean-Louis is mnr. Supranational Namibië!

Kosmos 94.1 se Jean-Louis Knouwds is by ‘n sooisput geleentheid in die hoofstad as die eerste ooit Mnr. Supranational Namibië aangewys. Julita Mbagula het die titel van Mej. Supranational Namibië ingepalm. Mej. Supranational is in 2009 in Panama gestig en elke jaar neem die wenners van hul verskeie lande deel om die wêreldtitel te wen. Op die oomblik is Namibië se Chanique Rabe Mej. Supranational. Mnr. Supranational is in 2016 gestig en word as een van die belangrikste manskompetisies ter wêreld beskou.