Onrus in Jerusalem

‘n Palestyn het twee mense in ‘n winkel in Jerusalem aangeval en gewond voordat
polisie hom geskiet en gewond het. Israeliese amptenare sê die aanval volg te midde
van verhoogde spanning nadat Palestynse gevangenes ‘n week gelede ontsnap het.
Die voorval volg ure nadat ‘n Palestyn ‘n Israeliese soldaat op die besette Wes-oewer
met ‘n skroewedraaier probeer steek het. Israeliese soldate het die man geskiet en hy is
na die hospitaal geneem vir behandeling.