Onluste kan suurstofvoorraad plaaslik bedreigJuly 16, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het bevestig dat die onrus in Suid-Afrika ‘n bedreiging kan inhou vir die verskaffing van suurstof aan Namibië. Dit volg ná Afrox in Suid-Afrika ook force majeure verklaar het met die firma wat sê hy moes noodgedwonge weens die gewelddadige oproer alle gas-aflewerings in Suid-Afrika staak. Aangesien dit onveilig vir swaarvoertuie is om te reis, het Afrox se verskaffers ook teëspoed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *