Oningeënt? Omikron is 25% minder gevaarlik

Die jongste studie wat in Suid-Afrika uitgevoer is toon dat selfs oningeënte persone minder geneig is om gehospitaliseer te word sou hulle Omikron opdoen. Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes in die Wes-Kaap het ondersoek ingestel na 11 600 Covid-pasiënte in die eerste drie vlae en dit vergelyk met 5 100 Omikron-gevalle wat in November in die buurland begin het. Oor die algemeen is Omikron minder gevaarlik as die vorige Covid-variante. Die navorsers het bevind dat 25 persent van die verminderde risiko as gevolg van die variant self is, en 75 persent van immuniteit as gevolg van ‘n vorige infeksie of inenting is.