Ongwediva sê sy infrastruktuur is gereed vir vloede

Ongwediva-dorpsraad sê hulle het goeie reën gehad, maar het nog nie vloede ervaar nie. Die Hidrologiese Dienste van Namibië maan dat watervlakke in sommige van die sentrale en sentrale-oostelike Cuvelai Iishanas in noordelike Namibië besig is om te styg weens die goeie reënval die afgelope dae. Die dorpsraad se skakelbeampte, Jackson Muma, sê hul span is op ‘n gereedheidsgrondslag vir vloede.