Nam se tienermeisies: 1 uit 5 het reeds ‘n baba

Tienerswangerskappe wek plaaslik baie kommer en op die oomblik is die koers op 19 persent wat beteken dat een uit vyf meisies in die ouderdomsgroep van 15 tot 19 jaar, reeds ‘n kind het. Die VN se bevolkingsfonds het die navorsing plaaslik uitgevoer. In 2020 het die hoeveelheid swangerskappe onder tienermeisies verdubbel en daar is net minder as 3 630 gedurende daardie jaar aangeteken. Die onderwysministerie sê die streng inperking het daartoe bygedra. Intussen het onveilige aborsies reeds in 2017 die 7 000-kerf verbygesteek en volgens die fonds is die praktyk verantwoordelik vir tussen 12 en 16 persent van sterftes van swangervroue. Die fonds het ook bevind dat in 1993 was die verbruikerskoers vir voorbehoedmiddels op 23 persent en in 2020, het dit tot 61 persent gestyg.