Ongwediva-handelskou: Nampol is gereed

Groot opgewondenheid heers oor die Ongwediva-handelskou wat Vrydag afskop en tot 2 September duur. Volgens die Namibiese polisie in die Oshana-streek is veiligheidsmaatreëls vir die gewilde skou in plek. Die skou word as uiters belangrik vir die Noordelike ekonomie beskou en lok ook talle buitelandse uitstallers wat nuwe beleggings- en sakegeleenthede bied. Kosmos 94.1 Nuus het die streeksbevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria, gepraat oor hul gereedheid vir die skou.