Ongelukke: 66% van eise afgekeur

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het 66 persent van die meer as 2 400 eise wat in 2020 by hom ingedien is, verwerp. Die fonds sê dat 24 persent van die verwerpte eise ingedien is deur ongelisensieerde bestuurders en ander het buite die gegewe tydperk geval of was onvoltooid. Tien persent minder eise is in 2020 ontvang teenoor 2019 en dat die hoogste hoeveelheid eise, 13 persent, in Januarie ingedien is. ‘n Totaal van 19 persent van die eise was vir begrafnisbystand terwyl 74 persent vir beserings was. Meer as 144 miljoen Namibiese dollar is uitbetaal in mediese eise gedurende die jaar.