Onervare Proteas moet leer swem, of sink

Krieket: ‘n Onervare Proteas-toetsgroep sal vinnig moet leer uit hul nederlaag in die openingswedstryd teen Nieu-Seeland. Die Swartpette het die Suid-Afrikaanse span met ses nuwelinge uitoorlê en met 281 lopies geklop. Die tweede en laaste toets begin Dinsdag in Hamilton. Die afrigter, Shukri Conrad, sê die Proteas sal vinnig moet aanpas.