Onderwysers aangemoedig om noodhulp-opleiding te kry

Die Stad Tshwane moedig betrokke owerhede aan om te verseker dat opvoeders bemagtig word met opleiding in basiese lewens-ondersteuning en noodhulp. Vaardighede in basiese lewens-ondersteuning is aller noodsaaklik om lewens te red, veral in die geval van ‘n hartstilstand met die voorsiening van kardio-pulmonêre resussitasie van ʼn hoë gehalte. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê saam met hulp tydens voorvalle van hartstilstand, kan basiese lewens-ondersteunende opleiding ook lewens red in gevalle van verstikking en verdrinking.