Onderwyseres wragtig met MTC-slenter gevang

Die Namibiese polisie sê hy ondersoek ‘n klag van bedrog nadat ‘n onderwyseres op Kamanjab gedurende Desember beroof is van 11 500 Namibiese dollar na sy geval het vir ‘n slenter, wat reeds ‘n geruime tyd voortduur. Sy is deur ‘n onbekende persoon geskakel. Hy het hom as MTC-amptenaar voorgestel en haar meegedeel dat sy 8 000 dollar gewen het nadat sy haar SIM-kaart geregistreer het. Sy het al haar bankkaart besonderhede, insluitende die geheime drie syfers verskaf en op 19 Januarie besef sy is van die geld beroof. Lede van die publiek word weer gemaan om nie bankbesonderhede of enige privaatbesonderhede veral telefonies te verskaf nie.